Die Afrikaanse Kontemporêre Drama Argief het twee doelwitte: om soveel as moontlik Afrikaanse dramas, en veral ongepubliseerde Afrikaanse dramas, in die kuberruimte op te laai en sodoende vir die toekoms te bewaar; en om sodoende die tekste te bewaar en wêreldwyd beskikbaar te stel vir opvoer en/of navorsingsdoeleindes.
Die AKDA is moontlik gemaak deur ruim ondersteuning van die Dagbreek Trust en is deur Deon Opperman gestig.
85% van alle fondse ingesamel deur die verkoop van tekste op die AKDA webruimte word aan die eienaar van die opvoerregte uitbetaal. Die oorblywende 15% lewer bydrae tot die bydryfsonkostes van die AKDA. Wins is nie die doelwit nie. Kulturele bewaring is wel.